Victor: My Reis - Victor Matfield

[click on image to enlarge]
  
  
  
“Ek kan ’n uur lank hier sit en praat oor alles wat hy bygedra het en die waarde wat hy tot Suid-Afrika toegevoeg het … Hy is ’n rugby-reus. Volgens my, die beste Springbok wat daar al ooit was.” - John Smit Een Węreldbeker, ’n reeks-oorwinning oor die Britse en Ierse... read more

PLU: 9781770221451

Selling for
 
R 235.00
Currently in Stock:
12
  PLEASE NOTE: This is an e-Commerce website. If you wish to shop at one of our stores, please phone to confirm quantities on hand.
How many would you like to order?

Select quantity: 
 
It will cost you
 
R 235.00
 
Add Item
 
Tell Someone
 
 
“Ek kan ’n uur lank hier sit en praat oor alles wat hy bygedra het en die waarde wat hy tot Suid-Afrika toegevoeg het … Hy is ’n rugby-reus. Volgens my, die beste Springbok wat daar al ooit was.” - John Smit

Een Węreldbeker, ’n reeks-oorwinning oor die Britse en Ierse Leeus, twee Drienasies-titels, drie Super Rugby-trofeë en drie Curriebekers… Dit is een man se buitengewone prestasies in ’n loopbaan wat oor 16 ongelooflike jare gestrek het. Sy naam is Victor Matfield, en hy is ’n internasionale en Suid-Afrikaanse sportlegende. Jy wíl sy storie lees…

Vanaf sy grootwordjare toe hy ’n skaam, sport-mal seuntjie in Pietersburg was totdat hy die kruin van sy sukses in sy rugbyloopbaan bereik het, het Victor as ’n professionele sportman op die harde manier geleer van die plesier wat die lewe bied sowel as die pynlike druk wat daarmee saam gaan. In hierdie outobiografie waarna daar met groot afwagting uitgesien is, vertel hy openhartig van sy verhoudings met sy afrigters, insluitend Heyneke Meyer, Jake White en Peter de Villiers, die sterk bande wat hy met sy spanmaats gesmee het by die Bulle en in die nasionale span, en sy diepgaande liefde en respek vir die Springbok-trui. Hy bespreek die strydige kwessies wat die Suid-Afrikaanse rugbytoneel geteister het in die tydgleuf waarbinne sy loopbaan geval het, die opgang in Blou Bul-rugby en hul tekortkominge ten opsigte van topvorm-kondisie tydens sy laaste rugbyseisoen, die Bokke se kontroversiële kwarteindstryd wat die einde van hul mededinging om die Rugbywęreldbeker in 2011 beteken het, sy uittrede uit rugby en veel, veel meer.

Victor: My Reis is ongetwyfeld die een boek wat elke rugbyliefhebber sál wil lees.